Beheer Jou Tyd
Beheer Jou Geld

Jy moet beheer neem van jou geld of die gebrek daarvan sal jou altyd beheer maar dan, tyd is meer werd as geld en jy kan altyd meer geld kry maar kan nie meer tyd kry nie.

Om iets regtig te beheer moet jy die waarde daarvan verstaan en waardeer en as jy bietjie dink oor die volgende twee vrae sal dit aantoon in watter mate jy jou tyd en geld waardeer.

Chrome

Twee Eenvoudige Vrae

1) Jy sal nie hierdie lees as jy nie finansieel sukkel nie so watter persentasie van jou tyd gedurende die afgelope maand het jy spandeer om dit te verbeter?

2) Werk rofweg uit hoeveel geld het jy al in totaal verdien tot nou en dan watter persentasie van daardie geld is in jou sak en in die sak van ander mense?

Chrome

Tyd is geld maar tog mors jy jou tyd en op die koop toe beland al die verdienste uit al jou harde werk in die sakke van ander mense en nog nooit, ooit het jy jouself betaal en JOU geld waardeer as 'n kosbare skat om te beskerm en te vergroot in jou eie sak nie.

Hieronder kan jy 'n e-boek aflaai in storie formaat wat jou sal help om jou geld sowel as lewe in perspektief te sien.

Die lesse in die boek is tydloos. bondig en so baie waardevol dat baie mense wat die boek gelees het se dat hulle wens hulle kon die boek vroeer in hulle lewe lees so dit hang nou van jou af om 'n paar uur of selfs 'n dag in jou toekoms te bele om die boek te lees en die beginsels in die boek te begin toepas.

Meeste mense sal altyd arm bly en sukkel want hulle dink nie rykdom nie, al waaroor hulle dink is hulle huidige probleme, en wat jy oor dink is wat jy aantrek... en wat jy na jou toe aantrek is wat jy word...

Download Ebook

Laai asseblief die e-boek nou af voor jou aandag dalk afgelei word. - Bogemelde gaan oor die boek self en die groot waarde daarvan terwyl die res hieronder bloot 'n paar van my gedagtes is en nie eintlik oor die boek gaan nie maar oor die lewe in die algemeen.

Bietjie meer oor myself

Bietjie meer oor myself

As 100% gehoorgestremde persoon wat al 10+ jaar vir myself werk is dit nie maklik in 'n uiters mededingende en horende besigheidswereld nie en het ek dus altyd 'n ekstra myl of tien ingesit en het selfs elke dag gedurende die afgelope fees seisoen gewerk.

"Entrepreneurship is living a few years of your life like most people won't so that you can spend the rest of your life like most people can't" Warren G

Toe 'n groot deel van kliente laat is met betaling het ek gewens al die kliente en trouens sommer almal kan hierdie e-boek lees en, tipies 'n doener, het ek bloot begin om hierdie bladsy en toepaslike advertensies te skep. (Al is dit nou net na 1am)

Ek het die boek slegs sowat jaar terug gekry maar gedurende die afgelope 10 years 'n stelsel ontwikkel wat op 'n manier vergelyk kan word met die storie in die boek waar die Koning Arkad beveel het om die jong mans van Babylon te leer hoe om rykdom te verwerf, behalwe dat in my geval dit oor bemarking gaan maar tog is dit dieselfde want bemarking is die voertuig waardeur mens inkomste verdien van enige produk of diens.

Die boek leer jou ook hoe om geld vir jou te laat werk, dat elke munt kinders moet baar en hulle op die beurt ook kinders moet kry wat almal saam vir jou werk om jou beursie en rykdom op te bou.

Ek het 'n alternatiewe bemarkings stelsel ontwerk wat op dieselfde manier werk en enigiemand kan aanwend tot sy/haar voordeel ongeag of hy/sy 'n besigheid het of nie of net ekstra geld wil verdien want die boek leer 'n mens ook dat daar meer as genoeg geleenthede beskikbaar is as mens jouself net daarop toespits om 'n doelwit te bereik.

Die stelsel is GROOT met meer as 21 000 files en verskeie stelsels wat alles saamwerk in die agtergrond maar net soos met rykdom hang dit af of jy slegs aan jou probleme kan dink of die vermoe het om verder as dit te kyk na 'n toekoms van bemarkingskrag en groter rykdom.

Dit is verstaanbaar dat jy iets NOU nodig het of wil he ja maar as almal dieselfde dink en boere ophou plant, beleggers en besigheidseienaars ophou om te bou en te investeer en mense ophou om skool of universiteit toe te gaan, sal die wereld verval in anargie en chaos.

Dit is om te doen wat is nodig is, nou, wat die bal aan die rol sit en alles aan die gang hou.