SA Web Biz

Wanneer is jou besigheid nuuswaardig?

Wanneer is jou besigheid nuuswaardig?

Wanneer is jou besigheid nuuswaardig?

Het jy 'n vreemde, lojale kliënt? Is die storie agter jou eie besigheid interessant? 'n Persoonlike storie agter jou besigheid is 'n goeie manier om kliente te bekom ...

Lees asseblief ook http://www.saweb.biz/106/stuur-stories.html vir iets nog beter

Menslike Element

Het jy 'n vreemde, lojale kliënt? Is die storie agter jou eie besigheid interessant? 'n Persoonlike storie agter jou besigheid is 'n goeie manier om kliente te bekom. Mense stel belang in stories wat verwant is en dit maak hulle ontvanklik vir jou besigheid want dit laat die besigheid meer werklik en benaderbaar voel.

Die uitbreiding van 'n klerewinkel sal waarskynlik nie media aandag kry nie, tensy die klerermaker 'n oseaan oorkruis het, 'n nuwe taal aangeleer en 18 uur lank per dag gewerk het voordat die besigheid suksesvol geword het. Die beste stories word ingespuit met 'n menslike element.

Nuuswaardige Aktiwiteite

Reageer vinnig op nuuswaardige gebeure in jou omgewing om te deel in die media-blootstelling.

Dit kan enigiets wees van 'n kragonderbreking, ongeluk, roof of watookal nuuswaardig is en jy kan dit dan gebruik om 'n interessante kinkel daarom te weef, soos hoe die stadsraad die baie kragonderbreking klagtes geïgnoreer het, die robots wat nie werk nie of oor die negatiewe uitwerking of opkoms van misdaad in die omgewing.

Gemeenskapsuitreik

Gemeenskaps verhale word gewoonlik opgetel omdat hulle meer belangstelling in jou plaaslike gemeenskap verdien. Om terug te gee deur vrywillige werk en liefdadigheidsorganisasies sal belangstelling in jou besigheid verhoog en bied jou die geleentheid om te verduidelik hoekom hierdie organisasies hulp nodig het en wat jy persoonlik doen om jou gemeenskap te help.

Tendense

Het jy 'n storie met 'n plaaslike, politieke, sosiale of ekonomiese tendens?

Tendense is veral nuuswaardig omdat dit beteken dat baie mense daaroor praat. Vir jou besigheid sal 'n storie beskou word as 'n tendens as ander besighede in jou bedryf ook iets soortgelyk doen.

Die media sal hulle nie steur aan jou restaurant se nuwe kinder spyskaart nie, maar hulle sal dalk belangstel om te hoor van jou innoverende babasitdienste, veral as jy dit as 'n ontwikkelende tendens met "familie-vriendelike" restaurante stel.

Let wel: dit neem drie of meer om 'n tendens te maak, as jy dus hierdie hoek gebruik, wees bereid om die name van twee ander besighede wat iets soortgelyks doen te verskaf. Om te verhoed dat u kompetisie publisiteit gee, kyk vir besighede buite u veld of geografiese gebied.

Anti-tendens

Op die flipkant, het jou besigheid 'n neiging geskep of tendens omgekeer? 'n Groeiende privaat apteek wat voorskrifte aflewer aan sy kliënte in 'n streek wat gedomineer word deur die ketting apteke is beslis nuuswaardig.

Anders / Humor

Is daar 'n ongewone hoek vir jou besigheid? Charles A. Dana was 'n Amerikaanse joernalis wie se redakteur gesê het oor die waarde van andersheid: "As 'n hond 'n man byt, is dit nie nuus nie. As 'n man 'n hond byt, is dit nuus." Vind die humor of ironie in jou storie.

Tydsberekening

Kan jy jou storie koppel aan 'n huidige gebeurtenis? 'N klein meubel vervaardiger verskyn in die plaaslike nuus tydens O.J. Simpson se verhoor omdat regter Lance Ito spesiaal 'n ergonomies korrekte stoel bestel het. As hy ses maande ná die verhoor die stoel bestel het, sou die media nie eens winkbrou gelig het nie.

Oortreffende Trap

Is jou besigheid die grootste? Die kleinste? Die eerste? Die laaste? Elke somer is daar 'n nuusberigte oor inskryf teaters, bloot omdat daar so min van oor is.

Stukkie van die lewe

Dit is die stories wat die leser in iemand anders se vel plaas. 'n Verslaggewer kan 'n warm dag in 'n roomys kombi bestee en dan skryf oor die ondervinding daarvan.

Betekenisvol

Bied jou besigheid iets betekenisvol aan in jou gemeenskap wat anders is? Het jy 'n program vir minderbevoorregte jeug begin? Skenk jy 'n gedeelte van jou winste aan 'n nie-winsorganisasie of werk met aktivisgroepe om iets in jou omgewing te verander?

Artikels teenoor Advertensies

Moet nooit 'n nuusstorie verwar met 'n advertensie nie, so pas 'n bietjie "touch love" toe.

Die artikel MOET NIE as 'n advertensie lees nie en uitsluitlik fokus op die bevrediging van die leser se begeerte om iets interessant, nuttig of waardevol te lees.

Regte geloofwaardigheid word gegee aan 'n besigheid wanneer die storie afgerond is, in 'n tendens pas en ander besighede insluit wat verband hou met 'n "groter prentjie" of standpunt.

More Articles in the Advies Category

http://www.saweb.biz/articles/152/e-pos-as-bemarkingstrategie.html
Daar is geen beter manier om responsiewe kontak met potensiele kliente op te bou as deur die werksesel van die internet nie, jou epos lys.. \r\n\r\nEpos verskaf die mees direkte
http://www.saweb.biz/articles/153/n-resep-is-n-waardevolle-advertensie.html
Die slim bemarkers het dit reeds lankal ontdek. Hulle skep advertensies wat nie soos advertensies lyk nie, advertensies wat inherent waardevol is.. \r\n\r\nMaak jou bemarking te
http://www.saweb.biz/articles/154/landings--of-verkoopsblaaie.html
Suksesvolle bemarkers weet dat dit sinneloos is om 'n produk of iets doeltreffend op 'n tuisblad te bemark want daar is heeltemal teveel dinge wat 'n mens se aandag
http://www.saweb.biz/articles/222/webwerf-koste-in-perspektief.html
Daar is heelwat faktore wat'n invloed het maar'n paar word hieronder verduidelik om jou'n idee te gee oor hoekom ons gratis webwerwe kan aanbied terwyl sommig besighede
http://www.saweb.biz/articles/1528/wanneer-is-jou-besigheid-nuuswaardig.html
Het jy 'n vreemde, lojale kliënt? Is die storie agter jou eie besigheid interessant? 'n Persoonlike storie agter jou besigheid is 'n goeie manier om kliente te bekom