SA Web Biz

Web Berging koste in perspektief

Web Berging koste in perspektief

Web Berging koste in perspektief

Daar is heelwat dinge wat 'n invloed het maar die belangrikste bemarkingsfoefies wat internet diensverskaffers word hieronder verduidelik sodat appels met appels ...

Daar is heelwat dinge wat 'n invloed het maar die belangrikste bemarkingsfoefies wat internet diensverskaffers gebruik word hieronder verduidelik sodat appels met appels vergelyk kan word.

- Niks op aarde is "onbeperk" nie en dit word feitlik sonder uitsondering in die SLA (diensleweringsooreenkoms) wel deeglik beperk en dit behoort alles te se van besighede wat hulle kliente met 'n slap riem vang. (Ons het nie eens 'n SLA nie want ons diens is ons trots)

350ml Coke teen R13 is NIE goedkoper as R15 vir 1 000ml coke NIE so vergelyk die pryse EN pakkette wat aangebied word.

- Disk Spasie is soos die hoeveelheid spasie op 'n memory card terwyl Bandwydte soos die data op jou foon is en 10 mb spasie en 100 mb bandwydte teen R100pm is 10 x duurder as R100 per maand vir 100 mb spasie en 1000mb bandwydte.

- Die aantal epos adresse of databasisse kan ook vergelyk word want sommige plekke bied 5 email adresse aan as deel van die pakket van R100 terwyl ons byvoorbeeld 50 pos adresse aanbied in ons pakkette van dieselfde bedrag. Daar word dan ekstra betaal vir elke ekstra epos adres of databasis teen byvoorbeeld R10 per epos adres. Dit klink nie baie nie maar die verskil is 50 - 5 = 45 x R10 = R450 so die kliente betaal sal eintlik R550 betaal as hy 50 epos adresse benodig, wat hom nie 'n sent ekstra sou kos op die R100 pakket wat 50 epos adresse insluit nie.

- Dieselfde geld al die talle ander funksies en goed wat beperk word of nie ingesluit word in pakkette nie en daar ekstra voor betaal moet word soos om 'n webwerf bouer te gebruik, terwyl ons byvoorbeeld ALLES insluit in ons pakkette en pryse. (Eintlik bietjie meer as die norm want ons is 'n internet bemarkingsgroep met baie webwerwe so as een van ons webwerwe iets benodig, dan sit ons die bloot op ons servers sonder dat dit kliente 'n sent kos)

- Veral die groot diensverskaffers bied wel goeie pakkette teen goeie pryse aan maar pak kliente dan soos sardientjies in 'n blik en oorlaai hulle servers tot nadeel van die klient (en besoekers wat moontlike klante insluit) terwyl dit vanselfsprekend is dat die minimum wat nodig is op hulle servers geinstalleer word en geen korporatiewe besigheid kan meeding met die persoonlike diens, trots en bereidwilligheid om die ekstra myl te loop van "klein" besigheidseienaars nie.

- Dit is ook die moeite werd om kennis te neem van die ligging van die bedieners want terwyl dit normaalweg goedkoper is by internasionale data sentrums as by plaaslike sentrums is dit normaalweg baie stadiger by internasionale sentrums weens die afstand so 'n plaaslike data sentrum is beslis beter maar dit hang ook van bogemelde faktore af. (Asgevolg van die massiewe data sentrums en laer koste, internasionale verskaffers is minder geneig om bedieners te oorlaai as plaaslike verskaffers)

In geheel gesien betaal besighede maar net en that's that, maar in daardie verband lees gerus "Waardevolle inligting vir besighede".

More Articles in the Advies Category

http://www.saweb.biz/articles/152/e-pos-as-bemarkingstrategie.html
Daar is geen beter manier om responsiewe kontak met potensiele kliente op te bou as deur die werksesel van die internet nie, jou epos lys.. \r\n\r\nEpos verskaf die mees direkte
http://www.saweb.biz/articles/153/n-resep-is-n-waardevolle-advertensie.html
Die slim bemarkers het dit reeds lankal ontdek. Hulle skep advertensies wat nie soos advertensies lyk nie, advertensies wat inherent waardevol is.. \r\n\r\nMaak jou bemarking te
http://www.saweb.biz/articles/154/landings--of-verkoopsblaaie.html
Suksesvolle bemarkers weet dat dit sinneloos is om 'n produk of iets doeltreffend op 'n tuisblad te bemark want daar is heeltemal teveel dinge wat 'n mens se aandag
http://www.saweb.biz/articles/222/webwerf-koste-in-perspektief.html
Daar is heelwat faktore wat'n invloed het maar'n paar word hieronder verduidelik om jou'n idee te gee oor hoekom ons gratis webwerwe kan aanbied terwyl sommig besighede
http://www.saweb.biz/articles/1528/wanneer-is-jou-besigheid-nuuswaardig.html
Het jy 'n vreemde, lojale kliënt? Is die storie agter jou eie besigheid interessant? 'n Persoonlike storie agter jou besigheid is 'n goeie manier om kliente te bekom