SA Web Biz

Werklike waarde van jou webwerf

Werklike waarde van jou webwerf

Werklike waarde van jou webwerf

'n Paar jaar gelede het 'n 17 jarige seun van Engeland 'n aanbod van 8 Miljoen Pond Sterling gekry vir sy webwerf maar hy het die aanbod geweier en met die ...

'n Paar jaar gelede het 'n 17 jarige seun van Engeland 'n aanbod van 8 Miljoen Pond Sterling gekry vir sy webwerf maar hy het die aanbod geweier en met die koste van webwerwe wat wissel tussen gratis tot op tien en selfs honderd duisende rande wonder 'n mens oor die volgende vraag.

Wat is die werklike waarde van jou webwerf?

Die eerste deel is dat daar baie min konneksie is tussen die prys wat jy betaal het vir 'n webwerf en werklike waarde. Die kans is goed dat die seun 'n GRATIS of ten minste baie lae koste webwerf gebruik het terwyl die waarde van honderd duisende webwerwe wat tienduisende gekos het, baie waarskynlik baie minder is as wat dit gekos het.

Die tweede deel sal ek met 'n vraag beantwoord.

Tydskrifte, koerante en baie besighede betaal groot bedrae vir artikels, nuus stories, navorsing en sulke goed vir publisering en as jy die redakteur was van 'n  tydskrif, hoe sou jy besluit watter artikels is die moeite werd om voor te betaal?

Vars, interesante en waardevolle inligting!!!  Content

Dit is wat lesers soek en goud werd is en die aantal en kwaliteit van interesante en waardevolle "content" op 'n webwerf betaal die waarde daarvan.

Die derde deel is gekoppel met bogemelde en is 'n "numbers game", die aantal artikels, die aantal besoekers en die aantal lede of byvoorbeeld nuusbrief intekenare.

Hierdie seun het op ongeveer 11 jarige ouderdom 'n tiener webwerf begin oor tieners en oor tyd het meer en meer tieners van al oor die wereld aangesluit en bygedra om die webwerf te bou met meer "content" tot op die staium waar die aantal en kwaliteit 'content", lede en besoekers aanleiding gegee het tot sodanige aanbod van 'n groot maatskappy.

Inhoud is Koning. Inhoud is die geldeenheid van die internet. (Ek verkies die engelse woord Content)

As jy eers bogemelde verstand sal jy kan begin om die waarde van jou webwerf te verhoog, dag na dag, maand na maand, jaar na jaar deur goeie kwaliteit, interesante en waardevolle content oor jou besigheid, produkte en industrie by te voeg op daaglikse basis.

Ons webwerf administrasie stelsel was ontwerp om jou te HELP om 'n sterk internet teenwoordigheid te bou so kyk gerus na ons spesiale aanbod.

More Articles in the Advies Category

http://www.saweb.biz/articles/152/e-pos-as-bemarkingstrategie.html
Daar is geen beter manier om responsiewe kontak met potensiele kliente op te bou as deur die werksesel van die internet nie, jou epos lys.. \r\n\r\nEpos verskaf die mees direkte
http://www.saweb.biz/articles/153/n-resep-is-n-waardevolle-advertensie.html
Die slim bemarkers het dit reeds lankal ontdek. Hulle skep advertensies wat nie soos advertensies lyk nie, advertensies wat inherent waardevol is.. \r\n\r\nMaak jou bemarking te
http://www.saweb.biz/articles/154/landings--of-verkoopsblaaie.html
Suksesvolle bemarkers weet dat dit sinneloos is om 'n produk of iets doeltreffend op 'n tuisblad te bemark want daar is heeltemal teveel dinge wat 'n mens se aandag
http://www.saweb.biz/articles/222/webwerf-koste-in-perspektief.html
Daar is heelwat faktore wat'n invloed het maar'n paar word hieronder verduidelik om jou'n idee te gee oor hoekom ons gratis webwerwe kan aanbied terwyl sommig besighede
http://www.saweb.biz/articles/1528/wanneer-is-jou-besigheid-nuuswaardig.html
Het jy 'n vreemde, lojale kliënt? Is die storie agter jou eie besigheid interessant? 'n Persoonlike storie agter jou besigheid is 'n goeie manier om kliente te bekom