SA Web Biz

Is Goedkoop Koop Duurkoop?

Is Goedkoop Koop Duurkoop?

Is Goedkoop Koop Duurkoop?

Dit is verstaanbaar dat byvoorbeeld 'n bakkery baie meer ekstra uitgawes het as tuisbaker en dus duurder vra, maar is dit nodig om alle eerlike en selfs deskundige ...

Dit is verstaanbaar dat byvoorbeeld 'n bakkery baie meer ekstra uitgawes het as tuisbaker en dus duurder vra, maar is dit nodig om alle eerlike en selfs deskundige tuisbakers af te kraak met 'n stokou foto van 'n massiewe flop en te se ""Pay peanuts and get monkeys to work for you" met talle mense wat in koor sing "goedkoop koop is duurkoop"?

Natuurlik is daar scammers, floppe en probleme maar dit kom orals voor en hierdie is om bietjie terug te kap ter wille van BAIE eerlike en opregte entrepreneurs wat 'n verskil wil en kan maak.

'n Gekwalifiseerde werktuigkundige met dekades se ondervinding het R3500 per maand verdien by agentskap wat kliente ten duurste laat betaal en almal word gedruk om soveel as vinnig as moontlik te werk ongeag wat.

So as hierdie persoon R350 per uur vra en net 100 ure per maand werk, is inkomste R35 000 en dus BAIE beter as R19 per uur of R3500 per maand en dit is feitlik uitgemaakte saak dat so iemand baie baie beter werk sal lewer vir homself as so 'n baas. (Wat maklik R80 000 - R100 000 inkomste kry uit net EEN persoon wat vir hom werk)

Gesonde verstand en logika, maar nee mense val hoek en sinker vir gladdebek verkoopspraatjies, vir verdraaide sedinge en whatever.

R1200 - R70 000 vir Windows Server per lisensie, en teen 10 servers R12 000 - R700 000, teenoor GRATIS Linux wat inelkgeval baie beter is terwyl die Android beheerstelsel op jou foon sowel as amper alle apps ook gratis is.

R1000 - R4000 per maand vir bemarking op Facebook met die duurste pakket van R4000 pm wat nie eens 20% aanbied wat ek aanbied teen slegs R105 per maand nie.

Word ons nou soos die oorgrote meerderheid wat deur blote woorde soos "White Capitcal" of "Land Reform" of "Goedkoop Koop is Duur Koop" beheer en gelei word sonder die vermoe om te self te kan dink en evalueer of erger nog, nie eens meer kan LEES en eie kennis verbreed nie?

Die Jode, Moslems en baie ander volke staan saam, help en ondersteun mekaar maar ons breek mekaar af en "eendrag maak mag" is 'n vergete begrip want geld, geld, geld oorheers alles.

Is dit dan enige wonder dat dinge so in sy kanon in geraak het en nog net erger gaan word al doen Cyril wat want bevolkingsgroei is een ding wat niemand kan stuit nie.

Daar was JARE gespandeer om 'n stelsel te ontwikkel wat gebasseer is op Eendrag Maak Mag en enige besigheidseienaar 'n hele bemarkingsgroep op 'n skinkbord aanbied sodat ons SAAM 'n massiewe en alternatiewe bemarkingsgroep kan bou en GRATIS gebruik tot almal se voordeel, maar "goedkoop is mos duurkoop" en daar word eerder biljoene aan die media en reklame reuse betaal en Facebook volgestop met content.

More Articles in the Advies Category

http://www.saweb.biz/articles/152/e-pos-as-bemarkingstrategie.html
Daar is geen beter manier om responsiewe kontak met potensiele kliente op te bou as deur die werksesel van die internet nie, jou epos lys.. \r\n\r\nEpos verskaf die mees direkte
http://www.saweb.biz/articles/153/n-resep-is-n-waardevolle-advertensie.html
Die slim bemarkers het dit reeds lankal ontdek. Hulle skep advertensies wat nie soos advertensies lyk nie, advertensies wat inherent waardevol is.. \r\n\r\nMaak jou bemarking te
http://www.saweb.biz/articles/154/landings--of-verkoopsblaaie.html
Suksesvolle bemarkers weet dat dit sinneloos is om 'n produk of iets doeltreffend op 'n tuisblad te bemark want daar is heeltemal teveel dinge wat 'n mens se aandag
http://www.saweb.biz/articles/222/webwerf-koste-in-perspektief.html
Daar is heelwat faktore wat'n invloed het maar'n paar word hieronder verduidelik om jou'n idee te gee oor hoekom ons gratis webwerwe kan aanbied terwyl sommig besighede
http://www.saweb.biz/articles/1528/wanneer-is-jou-besigheid-nuuswaardig.html
Het jy 'n vreemde, lojale kliënt? Is die storie agter jou eie besigheid interessant? 'n Persoonlike storie agter jou besigheid is 'n goeie manier om kliente te bekom