SA Web Biz

Die Verskil Tussen Wen Of Verloor

Die Verskil Tussen Wen Of Verloor

Die Verskil Tussen Wen Of Verloor

As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk ...

As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk en gewerk het sonder enige sosiale lewe om van te praat. Dat hulle werk, geld maak, ryk word, eerste gestel het bo pret en plesier.

Mark Shuttleworth het in 'n garage gewerk saam met mense wat vir hom werk, hy en hulle het nie hulle neus daarvoor opgetrek nie en gewerk en gebou aan iets waarin hulle geglo het.

Dieselfde geld vir Mark Zuckerberg, wat in 'n "dorm" met Facebook begin het in plaas van die universiteitslewe geniet soos die ander studente rondom hom en waar is hy nou, en waar is hulle?

En ekself? Op hierdie presiese oomblik sit ek in 'n kamertjie, op 'n Saterdag, en werk.

Toegegee, ek het nie die afgelope 10+ jaar gewerk soos nou nie, wel harder, 18 ure per dag vir baie lang tyd ja, maar daar was ook tye waar ek laat slaple het, tevrede was met die inkomste wat ek gekry het en dit opgemors het op ander mense help.

Op die oomblik, al het ek 10 jaar aan die stelsel gebou, is ek nog 'n niks, niemand, maar ek het nie verniet 10 jaar se werk in die stelsel gesit, daarin geglo en bly glo nie en weet die potensiaal daarvan, kan met die twee Mark's hierbo vergelyk word.

Ek is nie 'n idioot nie en weet miskien bereik ek nie eens groot hoogtes nie, is my tyd te kort daarvoor, maar dit maak nie saak nie want ek bou waarin ek glo, vir die dag van more, en as more nie kom nie, dan ht ek die sielsbevrediging om te weet ek het gedoen wat ek kon, probeer, want 'n wenner is nie altyd iemand wat wen nie, maar die een wat nooit ophou probeer nie.

As ek wel daar kom, sal ook ek en my huidige omstandighede ten minste as voorbeeld kan dien vir ander om hulle te help om dieselfde te doen en te bereik.

Hierdie prent, se dit alles, die verskil tussen ryk en arm, tussen sukses en mislukking, tussen 'n wenner en verloorder.

More Articles in the Werk Tuis Category

http://www.saweb.biz/articles/223/geleenthede-vir-afrika.html
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
http://www.saweb.biz/articles/1627/die-verskil-tussen-wen-of-verloor.html
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk
http://www.saweb.biz/articles/1628/gebede-wat-pla.html
Gister sien ek iemand wat soort van bid dat God vir haar werk moet gee en vanoggend kry ek die soveelste keer 'n gebed wat alle siekte, armoede, probleme en watnog
http://www.saweb.biz/articles/1629/doen-wat-jy-doen-doen-goed.html
Kan jy jouself hiermee vereenselwig? Is dit hoe jy dinge doen en meer nog, is dit hoe jy is? Nie net wat jy doen goed doen nie, maar jou hele siel en hart sit in wat jy doen?
http://www.saweb.biz/articles/1630/verdien-geld-tuis-werk-nie.html
Hoekom werk "verdien-geld-tuis" programme nie?. 'n Mens kan nie geld verdien uit enige produk, diens of geleentheid sonder iemand anders wat vir so