SA Web Biz

Doen Wat Jy Doen Doen Goed

Doen Wat Jy Doen Doen Goed

Doen Wat Jy Doen Doen Goed

Kan jy jouself hiermee vereenselwig? Is dit hoe jy dinge doen en meer nog, is dit hoe jy is? Nie net wat jy doen goed doen nie, maar jou hele siel en hart sit in wat jy doen? ...

Hy kan 'n berg nie skuif nie, ook nie 'n boom
uit trek, maar my Vader word 'n baie groot man
met hierdie ou spreekwoord.

Doen wat jy doen doen goed seun
doen wat jy doen doen goed
Gee jou siel en jou hele hart
en doen wat jy doen doen goed.

Ja, hy was 'n goeie Vader, die noodlot tree
toe in, die trane rol vry en hy se aan my
moenie bang wees om te huil.

Doen wat jy doen doen goed seun
doen wat jy doen doen goed
Gee jou siel en jou hele hart
en doen wat jy doen doen goed.

Kan jy jouself hiermee vereenselwig? Is dit hoe jy dinge doen en meer nog, is dit hoe jy is? Nie net wat jy doen goed doen nie, maar jou hele siel en hart sit in wat jy doen?

Miskien kan ons dit nie met alles doen nie en is daar dinge wat nie belangrik genoeg is nie, maar wanneer iets belangrik genoeg is dan behoort ons alles te gee, ons siel, hart, geloof en daad.

Wat is op die oomblik SO BAIE belangrik vir jou dat jy wens en bid dat dit kan regkom of dat jy dit kan kry? Wegkom van 'n giftige verhouding? 'n Verhouding begin? Werk of blyplek of kos kry? 'n Probleem oplos?

Is dit SO belangrik dat jy God bid en smeek om te help. Is dit so belangrik dat dit voel of DIT tans jou hele lewe en alles oorheers?

Sekerlik as kinders van God sal hy ons gebede verhoor maar het jy self al alles ingesit? Jou siel, hart, geloof en daad ingesit en wat jy doen goed gedoen en doen dit steeds goed?

Hoe kan ons verwag dat God en ander mense ONS dienaar moet wees terwyl onsself op ons louere rus en dinge halfhartig doen want God is in die mens en werk deur die mens en geloof sonder die daad is nutteloos so alles, selfs God en die verhoor van gebede, begin in die heel eerste plek by JOU en niks en niemand anders nie.

God werk wel ook deur ander en trouens elkeen van ons maar in JOU geval is dit JY wat in die eerste plek verantwoordelik is vir jou self en alles rondom jou deur jou keuses en jou dade so hoe voer jy dit uit? Halfhartig met twyfel in jou hart of is jou siel, hart, geloof en alles daaragter?

Kan 'n mens regtig vir "God" of ander verkwalik as jou gebede, wense en wat jy wil hê nie bevredig word nie as jy self in 'n verhouding gaan op 'n basis van maar kyk wat gebeur? As jy wil wegkom uit 'n verhouding maar jouself blindstaar teen die "strukkelblokke" en probleme, in plaas van jou hart en siel daarin te werp om een vir een, stelselmatig elke struikelblok en probleem te vat en te oorwin?

Hoe kan jy "glo" in die magtige, positiewe krag van God as jy negatief is en aan jouself twyfel want se die Bybel nie op so baie plekke God is IN jou nie, dat ons lewende boustene van sy Koningkryk is nie, dat ons die liggaam van Christus is nie? Se die Bybel nie ons is die gebou van God met Christus die hoeksteen nie?

Dit maak nie saak WAT jy doen nie maar wel dat jy iets DOEN en dit na die beste van jou vermoë doen. Dit is ONS verantwoordelikheid as vleeslike mens om die DAAD te volvoer en God sal ons deur die Gees lei solank as wat ons bloot die daad agter ons geloof voeg.

Dit is nie wat jy kan of nie kan doen nie. Dit is wat jy GLO jy kan doen en jou gesindheid daaroor te verander sodat jy die daad by die geloof kan voeg, jouself siel, hart, geloof en daad daarin werp. Eers DAN het JY gedoen wat jy kan, na die beste van jou vermoë en kan jy die res in God se hande laat so die vraag is, Gee JY jou siel en jou hele hart en doen jy dit goed?

More Articles in the Werk Tuis Category

http://www.saweb.biz/articles/223/geleenthede-vir-afrika.html
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
http://www.saweb.biz/articles/1627/die-verskil-tussen-wen-of-verloor.html
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk
http://www.saweb.biz/articles/1628/gebede-wat-pla.html
Gister sien ek iemand wat soort van bid dat God vir haar werk moet gee en vanoggend kry ek die soveelste keer 'n gebed wat alle siekte, armoede, probleme en watnog
http://www.saweb.biz/articles/1629/doen-wat-jy-doen-doen-goed.html
Kan jy jouself hiermee vereenselwig? Is dit hoe jy dinge doen en meer nog, is dit hoe jy is? Nie net wat jy doen goed doen nie, maar jou hele siel en hart sit in wat jy doen?
http://www.saweb.biz/articles/1630/verdien-geld-tuis-werk-nie.html
Hoekom werk "verdien-geld-tuis" programme nie?. 'n Mens kan nie geld verdien uit enige produk, diens of geleentheid sonder iemand anders wat vir so