Inligting As Waardevolle Produk
INLIGTING op sigself is ook ‘n waardevolle produk en is in werklikheid dan ook die grootste geldmaker op die internet en meeste van die “internet ...
INLIGTING op sigself is ook ‘n waardevolle produk en is in werklikheid dan ook die grootste geldmaker op die internet en meeste van die “internet miljoenere” het daardeur ryk geword.
Selfs die stigter van Facebook (Doen jouself ‘n guns en kyk bietjie “The Network”) het wel die Facebook program geskryf en geprogrammeer, maar die hele Facebook se sukses is direk aan die CONTENT wat mense gratis en vrywillig deel en uitruil te danke en sonder sulke content is die hele facebook program amper nutteloos.
Inligting as online produk en inkomstebron is amper soos skrywers wat boeke skryf en daaruit geld maak, met die verskil dat boeke deur publiseerders gekeur en dan gedruk word, terwyl inligting wat aanlyn aangebied word selde aan keuring onderworpe is en in tale verskillende formate aangebied kan word.
Die sukses van inligting as produk is daarop gebasseer WATTER inligting en HOE dit aangebied word soos in die volgende “stories” geillustreer word.
Die volgende storie is ‘n werklike geval van ‘n man wat R200 000 pm verdien deur “inligting” aanlyn beskikbaar te stel. Ek se glad nie dit is of maklik of moeilik nie en gee dit bloot as voorbeeld van hierdie EEN geval om die waarde, wat en hoe van inligting as inkomstebron te verduidelik.
Nie baie van ons het sulke “gespesialiseerde” kennis as hierdie persoon insake die spesifieke onderwerp nie MAAR elkeen van ons HET kennis en inligting in ons koppe en dit hang af wat en hoe ons dit aanwend.
Dink bietjie mooi daaraan dat enige werkgewer ‘n werknemer BETAAL vir daardie inligting, kennis, ondervinding wat hy/sy het en trouens alles draai om inligting, kennis en ondervinding en ‘n mens stel nie eens ‘n skaapwagter aan as hy nie darem bietjie kennis en inligting oor skape het nie of hoe?