SA Web Biz

Ek kan slaap as die winde waai

Ek kan slaap as die winde waai

Ek kan slaap as die winde waai

Baie jare gelede het'n boer'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry Toe'n skraal stil mannetjie ...

Baie jare gelede het 'n boer 'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry.

Toe 'n skraal, stil mannetjie vir die pos aansoek doen wil die boer weet wat hy alles kan doen maar al antwoord wat hy gekry het was

"Ek kan slaap as die winde waai".

Die boer kon nie verstaan nie maar was so desperaat om hulp te kry dat hy hom in diens geneem het.

Die skraal mannetjie het baie goed gewerk en die boer was uiters tevrede met sy vreemde werknemer se werk.

Een nag word die boer wakker van 'n geweldige wind wat woedend alles uitmekaar wil ruk en hardloop na die plaaswerker om hom wakker te maak sodat hulle alles kan regkry en vasmaak voor die wind op volle sterkte waai.

Die boer klop en skree en hammer tevergeefs en besluit woedend om die hopelose gemors die volgende dag weg te jaag en haas hom om te red wat te redde is.

Tot sy verbasing vind hy dat al die hooimiedens stewig met seil toe gemaak is, die skape heel beskut in die skuur gejaag en die hoenders veilig toegesluit is agter gegrendelde deure. Alles was vasgemaak en niks kon wegwaai nie.

Toe besef die boer wat sy vreemde werker bedoel het met. "Ek kan slaap as die winde waai"

Hoeveel mense het nog daardie eienskap vandag? Nie noodwendig trots in sy/haar werk of wat hy/sy doen nie, maar 'n dieper trots in homself wat feitlik noodwendig en outomaties weerspieel in sy werk en dit wat hy doen.

As iemand wat self so is, self leer, self doen en dit wat ek doen na die beste van my vermoe doen, verstaan ek ook dat hierdie man dit nie werklik vir die boer gedoen het nie maar vir homself en die eiewaarde en kwaliteit wat hy aan homself heg.

Al is ek heeltemal gehoorgestremd het ek het vir jare aan 'n baie unieke bemarkingstelsel gebou, hertoets en herbou sodat mense en besighede dit kan gebruik om inkomste te verdien of hulle besighede, produkte of dienste te bemark so as jy belangstel, hou gerus bogemelde in gedagte want ek het en sal altyd my 100% gee om dinge so effektief en maklik as moontlik vir jou te maak.

Die beginsel is heel eenvoudig en gebasseer op eendrag maak mag, op samewerking waar alle kliente, alle klein besighede, kan saamwerk om 'n kragtige alternatiewe bemarkingstelsel te bou en uit te brei vir die gratis bemarking van elkeen se onderskeie besigheid.

More Articles in the Algemeen Category

http://www.saweb.biz/articles/203/ek-kan-slaap-as-die-winde-waai.html
Baie jare gelede het'n boer'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry Toe'n skraal stil mannetjie
http://www.saweb.biz/articles/218/scams-en-sulke-dinge.html
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik 'n "scam" as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
http://www.saweb.biz/articles/219/n-les-van-n-baba.html
Het jy al'n baba of klein kind dopgehou wat iets wat buite bereik is wil h'n Babatjie wie se hele aandag op'n voorwerp naby hom is en jy op sy gesig kan sien hoe hy
http://www.saweb.biz/articles/220/die-werksfonteintjie.html
Op'n draai in die pad kom'n mens skielik op hom af'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder'n koelteboom sit en groente verkoop'n Skrille kontras met die
http://www.saweb.biz/articles/221/as-tyd-geld-was.html
Om te illustreer hoe waardevol tyd is kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was Vir berekenings het ek'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor'n gemiddelde leeftyd