SA Web Biz

Scams En Sulke Dinge

Scams En Sulke Dinge

Scams En Sulke Dinge

Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik 'n "scam" as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die ...

Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik 'n “scam” as sodanig beskryf nie.

Ek sal wel na die inligting van 'n program kan kyk en besluit of dit 'n scam is of nie ja, maar uit my perspektief is daar eintlik baie minder scams en baie meer egte geleenthede as wat die algemene perspektief is.

Die rede is soos ek in hierdie inligtingstuk verduidelik, dat bemarking die werklike fokus moet wees en daarsonder, dit baie moeilik en amper onmoontlik is om geld uit enige program te verdien, eg of nie, scam of nie, en dit dus as sodanige deur meeste mense as 'n scam afgeskryf word.

Die algemene beskouing is dat die eerste gevaarteken van 'n scam, is as 'n mens moet betaal vir iets of om aan te sluit en so aan maar tog geld presies dieselfde eintlik nog MEER vir wettige en goeie programme want 'n waardevolle en wettige produk of diens kos geld.

So byvoorbeeld kan 'n mens gratis aansluit by Offerforge of enige ander affiliate program maar om dit te bemark, moet 'n mens betaal vir 'n website, web hosting, bandwidth om op internet te gaan of petrol of partytjies ens ens ens.

Niks in die wereld wat waardevol is, is verniet nie, behalwe liefde, ervaring , kennis en inligting, en daarvoor betaal 'n mens direk of indirek ook 'n prys.

Die geheim is om bloot oopkop en logies na dinge te kyk en 'n vergelyking te maak tussen wat jy gee en wat jy kry en dit uit 'n groter prentjie, breer perspektief te beoordeel.

More Articles in the Algemeen Category

http://www.saweb.biz/articles/203/ek-kan-slaap-as-die-winde-waai.html
Baie jare gelede het'n boer'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry Toe'n skraal stil mannetjie
http://www.saweb.biz/articles/218/scams-en-sulke-dinge.html
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik 'n "scam" as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
http://www.saweb.biz/articles/219/n-les-van-n-baba.html
Het jy al'n baba of klein kind dopgehou wat iets wat buite bereik is wil h'n Babatjie wie se hele aandag op'n voorwerp naby hom is en jy op sy gesig kan sien hoe hy
http://www.saweb.biz/articles/220/die-werksfonteintjie.html
Op'n draai in die pad kom'n mens skielik op hom af'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder'n koelteboom sit en groente verkoop'n Skrille kontras met die
http://www.saweb.biz/articles/221/as-tyd-geld-was.html
Om te illustreer hoe waardevol tyd is kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was Vir berekenings het ek'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor'n gemiddelde leeftyd