SA Web Biz

N Les Van N Baba

N Les Van N Baba

N Les Van N Baba

Het jy al'n baba of klein kind dopgehou wat iets wat buite bereik is wil h'n Babatjie wie se hele aandag op'n voorwerp naby hom is en jy op sy gesig kan sien hoe hy ...

Het jy al 'n baba of klein kind dopgehou wat iets wat buite bereik is wil hê?

'n Babatjie wie se hele aandag op 'n voorwerp naby hom is en jy op sy gesig kan sien hoe hy konsentreer, sy lyfie en armies uitstrek en probeer en probeer. Hy het sy alles daarop gestel om daardie voorwerp te kry en op daardie oomblik het niks anders saakgemaak nie en sy hele brein, lyf en energie saamgewerk om dit in die hande te kry.

Met verloop van tyd sal die baba leer om te kan rol, te kruip, te loop en te klouter op watookal voorkom en selfs grootmense probeer manipuleer met 'n geskree en gehuil of 'n tantrum gooi en in baie gevalle oorheers hulle wilskrag selfs die van volwassenes wat op die ou end maar ingee.

Wat jy daaruit kan leer is dat, as jy besluit het jy WIL iets hê, dit nie nodig is om onmiddelik te dink of te weet hoe om dit te kry nie en met verloop van tyd, NADAT jy bloot BEGIN probeer het om jou doel te bereik, sal jy begin leer daar is nog baie ander maniere hoe jy kan kry wat jy wil hê maar dit is nie belangrik nie en sal vanself kom, die belangrikste is om te begin en aan te hou probeer.

Besluit wat jy wil hê en begin doen is die belangrikste en moeilikste, die "hoe" kom later en is die maklikste want as mens se konsentrasie, wil en alles eers op iets ingestel is op iets volg die res amper outomaties, vanselfsprekend, so asof alles daarop ingestel is om jou te gee wat jy wil he en verwag, sukses, of mislukking.

Wanneer daardie babatjie gekry het wat hy wil he, sal jy ook nog iets opmerk en dit is dat, ongeag al die energie en alles wat daarin gesit is om dit te kry, hy sodra hy die voorwerp gekry het, hy vinnig belangstelling verloor en sy aandag en alles weer op iets anders fokus.

Wat jy hieruit kan leer, is dat iets te kry of te bereik nie so belangrik is as die voorafgaande motivering, dryfkrag, uit en aanhou om dit te kry nie.

Groot en belangrike doelwitte is dus nie so belangrik nie en kleiner, behaalbare doelwitte waar die fokus is op die bereiking daarvan, is beter want dit is die proses en pad self wat jou verbeter, jou doelwitte hoer en hoer stel, jou leer, slyp en daarop instel om doelwitte te bereik, sodat jy op die ou end net meer en groter doelwitte vir jouself kan stel, wel wetende dat jy dit kan en sal bereik.

Baie mense lewe bloot van dag tot dag, lewe maar net want hulle het opgehou groei, opgehou doelwitte, drome en ideale nastreef en te probeer bereik. Hulle kan vir nog 10 of 50 jaar lewe maar op die ou end is hulle maar nog steeds in presies dieselfde situasie as vandag en het hulle bloot hulle tyd omgelewe.

Begin lewe, begin doen, stel klein doelwitte en bereik dit en herhaal die proses met al hoe groter en beter doelwitte, strek jouself nog verder uit, leer hoe om te kruip, te loop en te klouter. Leer hoe om mense en dinge en omstandighede te manipuleer om te kry wat jy wil he.

Waarom wag tot eendag as jy oud en klaar is en nie meer kan nie, gaan jy dan met spyt sit en terugdink nie aan dit wat jy gedoen het nie, maar aan dit wat jy NIE gedoen het NIE, die verkwiste tyd, jare, lewe?

Dit is so maklik soos om hierdie ook met iemand anders te deel wat dit nodig het, want dit is iets wat jy GEDOEN het wat jy nog nie voorheen gedoen het nie, iets positief en verbetering van jouself, want die maklikste manier om jouself te motiveer, is om iemand anders te motiveer.

Ons bemarkingsgroep het dan ook dit ten doel, om feitlik op daaglikse basis te verbeter, uit te brei en te groei tot voordeel van elke klient wat iets meer uit bemarking wil he as om te betaal en te betaal.

More Articles in the Algemeen Category

http://www.saweb.biz/articles/203/ek-kan-slaap-as-die-winde-waai.html
Baie jare gelede het'n boer'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry Toe'n skraal stil mannetjie
http://www.saweb.biz/articles/218/scams-en-sulke-dinge.html
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik 'n "scam" as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
http://www.saweb.biz/articles/219/n-les-van-n-baba.html
Het jy al'n baba of klein kind dopgehou wat iets wat buite bereik is wil h'n Babatjie wie se hele aandag op'n voorwerp naby hom is en jy op sy gesig kan sien hoe hy
http://www.saweb.biz/articles/220/die-werksfonteintjie.html
Op'n draai in die pad kom'n mens skielik op hom af'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder'n koelteboom sit en groente verkoop'n Skrille kontras met die
http://www.saweb.biz/articles/221/as-tyd-geld-was.html
Om te illustreer hoe waardevol tyd is kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was Vir berekenings het ek'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor'n gemiddelde leeftyd