SA Web Biz

Die werksfonteintjie

Die werksfonteintjie

Die werksfonteintjie

Op'n draai in die pad kom'n mens skielik op hom af'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder'n koelteboom sit en groente verkoop'n Skrille kontras met die ...

Op 'n draai in die pad kom 'n mens skielik op hom af. 'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder 'n koelteboom sit en groente verkoop.

'n Skrille kontras met die dorre verlatenheid sover die oog kan sien en of 'n reisiger nou groente nodig het of nie, feitlik sonder uitsondering het die een na die ander moee reisiger daar gestop, so bietjie onder die koelteboom gaan sit en gesels en weer die pad gevat, groente onder die arm en 'n glimlag op die gesig.

Vir die mense naby hom was die grysbaard 'n legende, die voorsiener van hulle groente en vertroosting gedurende die jare van droogte en swaarkry.

Op 'n helder lente oggend het die nuus soos 'n veldbrand versprei, die grysbaard was weg en die hangmatte met groente leeg behalwe vir hier en daar 'n blaar of verlepte skil.

Van heinde en ver het mense gekom om te help soek en tot hulle verstomming 'n klein fonteintjie oor die bult ontdek.

In 'n rowwe handskrif is die woorde op 'n bordjie uitgekerf. "Die Werksfonteintjie"

Die dae het maande geword en later jare.

Dikwels het reisigers verbygegaan en gewonder wat van die grysbaard geword het. Die boom het verdor en die mense het honger gely en menig sug van verlange na die grysbaard, sy groente en sy geselskap in die koelte het opgegaan.

Dinge het al hoe slegter en slegter gegaan en uit desperaatheid het die mense boodskappers na alle windrigtings uitgestuur om almal na 'n volksberaad te nooi.

Die volksberaad was in volle gang, in hewige debat en oor en weer gesprek toe die grysbaard tot almal se verstomming te voorskyn kom, op 'n skotskar klim en almal toespreek.

"Vir baie jare het ek julle gehelp, gevoed, geleer en 'n werksfonteintjie nagelaat sodat julle in my voetspore kan volg, iemand die werk oorneem om die boom van water te voorsien, elkeen van julle uit die waterfonteintjie kan skep en julle eie tuintjies plant, julself voed en julle kinders leer om dieselfe te doen"

Kopskuddend kyk die ou grysbaard stadig oor die plein voor hy vervolg.

"Maar helaas, soos skape het julle gesit en wag vir die herder, gewag dat ek die groente verskaf, die werk moet doen, alles doen wat julle veronderstel is om self te doen, want die lewe skuld niks en niemand enigiets nie en elkeen is verantwoordelik vir sy eie lewe en indirek sy naaste en daarom dan dat daar ook geskrywe is. Hy wat vir sy naaste nie sorg nie, veral sy huisgenote, is slegter as 'n ongelowige"

"Die werksfonteintjie is daar vir almal maar dit was ek, 'n ou man, wat hom gebruik het deur self te werk en ryk te word uit ander mense se luiheid en twyfel gekamoefleer as ek weet nie hoe nie. Net soos geloof is ook die sterkste werksfonteintjie nutteloos sonder die omskepping daarvan in daad."

Daardie fonteintjie is nog daar en sal ook altyd daar wees vir die wat daarvan gebruik WIL maak maar kla en praat en bid het 'n doellose tydverdryf geword sonder enige daad.

Dit is feitlik onmoontlik dat enige besigheid in die wereld so 'n goeie bemarkingsgeleentheid kan aanbied as wat ons doen want dit was nie ontwerp om geld te maak nie maar om besigheidseienaars te help, maar ook dit is nutteloos sonder die gebruikmaking daarvan in daad.

More Articles in the Algemeen Category

http://www.saweb.biz/articles/203/ek-kan-slaap-as-die-winde-waai.html
Baie jare gelede het'n boer'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry Toe'n skraal stil mannetjie
http://www.saweb.biz/articles/218/scams-en-sulke-dinge.html
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik 'n "scam" as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
http://www.saweb.biz/articles/219/n-les-van-n-baba.html
Het jy al'n baba of klein kind dopgehou wat iets wat buite bereik is wil h'n Babatjie wie se hele aandag op'n voorwerp naby hom is en jy op sy gesig kan sien hoe hy
http://www.saweb.biz/articles/220/die-werksfonteintjie.html
Op'n draai in die pad kom'n mens skielik op hom af'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder'n koelteboom sit en groente verkoop'n Skrille kontras met die
http://www.saweb.biz/articles/221/as-tyd-geld-was.html
Om te illustreer hoe waardevol tyd is kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was Vir berekenings het ek'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor'n gemiddelde leeftyd