SA Web Biz

As Tyd Geld Was

As Tyd Geld Was

As Tyd Geld Was

Om te illustreer hoe waardevol tyd is kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was Vir berekenings het ek'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor'n gemiddelde leeftyd ...

Om te illustreer hoe waardevol tyd is, kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was.

Vir berekenings het ek 'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor 'n gemiddelde leeftyd van 70 jaar.

Uit die sowat R6 132 000 wat jou lewe werd is kos dit in totaal R4 599 000 vir

R1 788 500 Slaap
R1 022 000 Naweke, vakansies
R766 500 Kinderjare, aftree
R638 750 Eet, bad, takies
R383 250 TV, ontspanning

Terwyl jy net R1 533 000 kry vir werk.

Dit is hoeveel jy VERDIEN vir werk teen R10 per uur en die enigste inkomste waarmee jy blyplek, kos, klere, petrol en alle uitgawes regdeur jou lewe mee moet betaal.

Anders gestel 75% van jou tyd word spandeer op "ander dinge" terwyl net 25% van jou tyd spandeer word aan werk om inkomste mee te verdien waaruit jy 100% van alles in jou lewe mee moet betaal.

Niemand het nog ooit doodgegaan van harde werk nie, maar niemand het ook nog ooit ryk geword van harde werk nie want daarvoor is daar eenvoudig net te min TYD.

Tyd is geld, en om ryk te word, moet 'n mens besef jy het net soveel tyd en niks meer nie en dit dus nie net wys gebruik nie, maar ook meer tyd "bekom" deur outomatisering, doeltreffende tydsbestuur en ander mense se tyd te gebruik tot jou voordeel.

Werknemers se TYD word gebruik om die BAAS ryk te maak want hulle lewe maar net van dag tot dag, spandeer hulle werkstyd om hulle baas ryk te maak, selfs so bietjie geld te verdien en die res van hulle tyd bloot te vermors.

Gewone werkgewers self val ook maar in dieselfde strik en spandeer 'n fortuin om ander besighede en mense ryk te maak in plaas van pryse en appels met appels te vergelyk en sommige dinge self en beter te doen soos met byvoorbeeld die gratis bemarking geleenthede wat ons aanbied.

"Baie mense is nie versigtig met hulle geld tot dit amper klaar is nie, en ander doen presies dieselfde met hulle tyd"

More Articles in the Algemeen Category

http://www.saweb.biz/articles/203/ek-kan-slaap-as-die-winde-waai.html
Baie jare gelede het'n boer'n plaas gehad wat deur geweldige stormwinde geteister was en het voortdurend gesukkel om betroubare werkers te kry Toe'n skraal stil mannetjie
http://www.saweb.biz/articles/218/scams-en-sulke-dinge.html
Snaaks genoeg kan ek selfs na jare se ondervinding en baie geld wat ek al verloor het, nie werklik 'n "scam" as sodanig beskryf nie.. Ek sal wel na die
http://www.saweb.biz/articles/219/n-les-van-n-baba.html
Het jy al'n baba of klein kind dopgehou wat iets wat buite bereik is wil h'n Babatjie wie se hele aandag op'n voorwerp naby hom is en jy op sy gesig kan sien hoe hy
http://www.saweb.biz/articles/220/die-werksfonteintjie.html
Op'n draai in die pad kom'n mens skielik op hom af'n Verrimpelde grysbaard wat langs die pad onder'n koelteboom sit en groente verkoop'n Skrille kontras met die
http://www.saweb.biz/articles/221/as-tyd-geld-was.html
Om te illustreer hoe waardevol tyd is kom ons kyk hoe dit sou lyk as tyd geld was Vir berekenings het ek'n skamele R10 per uur gevat en uitgewerk oor'n gemiddelde leeftyd