SA Web Biz

Webwerf Koste in Perspektief

Webwerf Koste in Perspektief

Webwerf Koste in Perspektief

Daar is heelwat faktore wat'n invloed het maar'n paar word hieronder verduidelik om jou'n idee te gee oor hoekom ons gratis webwerwe kan aanbied terwyl sommig besighede ...

Daar is heelwat faktore wat 'n invloed het maar 'n paar word hieronder verduidelik om jou 'n idee te gee oor hoekom ons gratis webwerwe kan aanbied terwyl sommige besighede tot R32 000 kan vra.

- Op die internet geld "goedkoop koop is duurkoop" nie regtig nie en met byvoorbeeld ons web hosting is daar 400 + programme en scripts beskikbaar wat met een kliek GRATIS geinstalleer kan word en die kwaliteit van baie is sodanig dat GEEN webontwerp besigheid iets BETERS sal kan bou vir selfs R500 000 nie. (Selfs met Microsoft se biljoene kan hulle nie meeding met die GRATIS Linux stelsel nie en word Linux gebruik in 75% van die wereld se webserwers. Windows = R10 000 per server license terwyl Linux gratis is en baie beter en dieselfde geld vir die Android stelsel en talle ander gratis apps op selfone)

- 'n Webwerf ontwerp besigheid se totale inkomste kom van webontwerp en bied dan byvoorbeeld GRATIS WEBBERGING aan terwyl omgekeerd, 'n Webberging besigheid se hele inkomste van webberging kom en hulle gratis of lae-koste webwerwe aanbied. (Ons val in laaste kategorie)

- Die grootste kostefaktor is die tyd om 'n unieke webwerf volgens spesifieke besigheid en ander verreistes te bou en draai meestal rondom die UITLEG of "looks" van 'n website waar posisie, kleure, fotos, videos en ander dinge spesifiek en uniek ontwerp word. Dit benodig BAIE tyd en regverdig redelike koste ja maar 98% van die tyd word daaraan gespandeer en die derduisende rande se verskil tussen "5 pages" en "10 pages" is niks anders as geldmaak storie nie en die MINIMUM prys kan beskou word as die werklike KOSTE (+ wins) van 'n webwerf en jy sal self dan maklik 5 of 10 of 15 of 100 addisionele bladsye gratis kan byvoeg. (Presies hoekom ons geen beperking het op die aantal blaaie nie)

- Die spesifieke funksies is meestal ook 'n geldmaak storie want daar is honderduisende GRATIS progamme en scripts beskikbaar om 'n magdom dinge te doen en die kans is 99.5% dat een van dit gebruik is en regverdig nie die duur pryse vir byvoorbeeld vorms, ecommerce en ander outomatisering en funksies nie.

- Een besigheid vra R5995 vir 'n ecommerce system maar raai wat. Hulle gebruik 'n ecommerce system wat jy GRATIS kan installeer en die R5995 is net vir die uitleg (looks) van die voorblad terwyl jy die self kan verander of 'n template koop vir so R300 en dit dan net so professioneel lyk en met PRESIES DIESELFDE funksioneleteit.

- Op die einde van die dag is die bedrag wat iemand betaal vir 'n webwerf inelkgeval amper geheel en al irrelevant sover dit die SUKSES daarvan aangaan want dit is die CONTENT wat die belangrikste van alles is. 'n Gratis webwerf met tonne goeie artikels is 100x meer werd as 'n R30 000 webwerf sonder behoorlike content. Kyk maar gerus hoe eenvoudig en "plain" lyk die webwerwe van die internet reuse soos Google of Twitter of Instagram of YouTube terwyl Facebook nie eens 'n eie webwerf het nie en dit wat jy van Facebook sien, jou eie profiel is.

In geheel gesien betaal besighede maar net en that's that, maar in daardie verband lees gerus "Waardevolle inligting vir besighede".

More Articles in the Advies Category

http://www.saweb.biz/articles/152/e-pos-as-bemarkingstrategie.html
Daar is geen beter manier om responsiewe kontak met potensiele kliente op te bou as deur die werksesel van die internet nie, jou epos lys.. \r\n\r\nEpos verskaf die mees direkte
http://www.saweb.biz/articles/153/n-resep-is-n-waardevolle-advertensie.html
Die slim bemarkers het dit reeds lankal ontdek. Hulle skep advertensies wat nie soos advertensies lyk nie, advertensies wat inherent waardevol is.. \r\n\r\nMaak jou bemarking te
http://www.saweb.biz/articles/154/landings--of-verkoopsblaaie.html
Suksesvolle bemarkers weet dat dit sinneloos is om 'n produk of iets doeltreffend op 'n tuisblad te bemark want daar is heeltemal teveel dinge wat 'n mens se aandag
http://www.saweb.biz/articles/222/webwerf-koste-in-perspektief.html
Daar is heelwat faktore wat'n invloed het maar'n paar word hieronder verduidelik om jou'n idee te gee oor hoekom ons gratis webwerwe kan aanbied terwyl sommig besighede
http://www.saweb.biz/articles/1528/wanneer-is-jou-besigheid-nuuswaardig.html
Het jy 'n vreemde, lojale kliƫnt? Is die storie agter jou eie besigheid interessant? 'n Persoonlike storie agter jou besigheid is 'n goeie manier om kliente te bekom