SA Web Biz

Geleenthede vir Afrika

Geleenthede vir Afrika

Geleenthede vir Afrika

Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water ...

Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water elders heen verskuif of versamel het.

Net so met geleenthede want daar sal altyd geleenthede wees vir die wat wil maar dit skuif rond en ONS moet daarby aanpas of daaragter aantrek en nie andersom nie.

Tans en seker regdeur die geskiedenis, was en is daar 'n werksdroogte want werk is 'n stroompie wat water aan teveel mense moet verskaf maar die oorgrote meerderheid mense sit en krepeer en wag en bid vir 'n druppeltjie water in plaas van om agter die water wat wel erens is aan te trek.

'n Stroompie verteenwoordig nie al die water in die wereld nie en net so verteenwoordig werk nie al die geleenthede wat beskikbaar is nie. Trouens, al die "werke / jobs" in die wereld is daar omdat IEMAND 'n geleentheid raakgesien en dit benut het om geld te maak en "werk" te skep sodat ander mense se tyd gebruik kan word om hom/haar ryk te maak.

Selfs nie eens God sal vir enigiemand werk gee nie want hy het REEDS meer as genoeg geleenthede (water) vir ons gegee. Soek en jy sal vind.

God gee wel vir elke voeltjie kos maar elke voeltjie moet uitgaan en self soek en kry wat reeds daar is en dieselfde geld vir ons ook want geloof sonder die daad is nutteloos.

In die 10+ jaar wat ek al vir myself werk het ek al 'n magdom geleenthede rondom my gesien maar wat die hel uit my frustreer is dat BAIE daarvan vir MY as dowe persoon 'n bietjie baie moeiliker is om te benut omdat die wereld uit kommunikasie bestaan en kommunikasie my gestremdheid is, terwyl daar honderduisende en selfs miljoene mense is wat dit baie beter en makliker as ek kan benut maar .....

Hulle geloof is onderstebo want hulle bid maar DOEN nie, hulle twyfel in plaas van vertrou, hulle veralgemeen en veroordeel en is negatief en bevraagteken alles insluitend hulself en hulle eie vermoe en blameer dan die stroompie wat opgedroog het en ander mense omdat hulle niks daaraan doen en die stroompie aanvul nie.

As ek nou vir jou R10 miljoen se produkte GEE met een voorwaarde en dit is dat NET vreemdelinge dit mag verkoop, dan sal jy baie gou agterkom hoe ongelowig, twyfelagtig en plain "nutteloos" mense regtig is as jy orals die geleentheid adverteer vir iemand om namens jou die produkte te verkoop sodat julle albei die produkte in kontant kan omskep.

Selfs al bied jy 50% van die inkomste aan en dus potensiele geleentheid om R5 miljoen rand te verdien, sal jy soos ek na 10 jaar ook sien dat mense die geleenthede ignoreer en eerder WERK soek. Dit druis in teen Godsgegewe verstand dat iemand eerder maande in en jare uit sal sit en wag en wag vir die moontlikheid om 'n "werkie" te kry in plaas van geleenthede wat reg voor hulle neus is te benut en vir hulself te werk.

Ek herhaal geleenthede om inkomste te verdien is daar oorgenoeg selfs al droog die werkstroompie op maar dit hang van elke persoon individuel en as mens af wat hy met sy Godsgegewe verstand, geloof, talente en vermoe gemaak het en elke dag vorentoe gaan maak.

Die bemarkingstelsel wat ek geskep het, het die potensiaal om die grootste en kragtigste bemarkingstelsel in die wereld te word en dit is boonop GRATIS, maar soos hierbo is besigheidseienaars te negatief of eerder bereid om 'n klein fortuin te aan korporatiewe media te betaal vir bemarking, wat in werklikheid eerder bydrae om die reuse nog ryker te maak in plaas van hulself.

More Articles in the Werk Tuis Category

http://www.saweb.biz/articles/223/geleenthede-vir-afrika.html
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
http://www.saweb.biz/articles/1627/die-verskil-tussen-wen-of-verloor.html
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk
http://www.saweb.biz/articles/1628/gebede-wat-pla.html
Gister sien ek iemand wat soort van bid dat God vir haar werk moet gee en vanoggend kry ek die soveelste keer 'n gebed wat alle siekte, armoede, probleme en watnog
http://www.saweb.biz/articles/1629/doen-wat-jy-doen-doen-goed.html
Kan jy jouself hiermee vereenselwig? Is dit hoe jy dinge doen en meer nog, is dit hoe jy is? Nie net wat jy doen goed doen nie, maar jou hele siel en hart sit in wat jy doen?
http://www.saweb.biz/articles/1630/verdien-geld-tuis-werk-nie.html
Hoekom werk "verdien-geld-tuis" programme nie?. 'n Mens kan nie geld verdien uit enige produk, diens of geleentheid sonder iemand anders wat vir so