SA Web Biz

R200 000+ Pm Uit Inligting

R200 000+ Pm Uit Inligting

 R200 000+ Pm Uit Inligting

Meneer X het regoor Suid Afrika seminare aan besigheidseienaars aangebied. Dit het paar duisend rand per persoon gekos, maar die reis, verblyf en huur van lokale soos in ...

Meneer X het regoor Suid Afrika seminare aan besigheidseienaars aangebied. Dit het paar duisend rand per persoon gekos, maar die reis, verblyf en huur van lokale soos in Sandton het natuurlik ook baie geld gekos maar hy was happy met sy “werk” tot hy siek geword het en nie meer kon vlieg of rondreis nie en hy dus “werkloos” was sonder enige inkomste.

Wat Meneer X toe gedoen het, is om dit seminaar inligting op ‘n website te sit en onder besigheidseienaars te begin bemark waar hulle R150 pm kan betaal vir toegang tot die inligting.

Op sigself is dit okay maar as iemand klaar alles gelees het is daar geen inisiatief om nog steeds R150 pm te betaal nie so hy sit by sy gunsteling koffiekroeg op die strand by St Lucia en skryf gereeld artikels en een keer per week ‘n nuusbrief om die belangstelling van lede te verseker.

R150 per maand x 1500 besigheidseienaars = RR225 000 pm

Ek gee toe dat hierdie Meneer X ‘n baie goeie skrywer is wat baie waardevolle inligting aan klein besigheidseienaars verskaf en dus die R150 lidmaatskap die moeite werd maak en dan nie baie van ons sulke kennis het nie.

MAAR, ons elkeen HET kennis, inligting en ondervinding van IETS wat dalk nie NOU so waardevol is nie, maar hoe meer en meer mens daarop fokus, meer en meer leer, uitvind, skryf, dink en DOEN, hoe meer en waardevoller raak daardie kennis, ervaring en inligting en met die interaksie met sy lede, weet Meneer X seker nou al 10 keer meer as wat hy in die begin geweet het.

Weereens dink daaraan dat werkgewers ryk word uit hulle personeel se kennis, ervaring en inligting, maar die personeel self hulle kennis ervaring en inligting nie as waardevol beskou, en dus as sodanige gebruik om inkomste te verdien nie.

More Articles in the Werk Tuis Category

http://www.saweb.biz/articles/223/geleenthede-vir-afrika.html
Ondanks die ontsaglike hoeveelheid water wat elke dag gebruik word is die hoeveelheid water op aarde nog presies dieselfde na miljoene jare en is droogte maar net omdat water
http://www.saweb.biz/articles/1627/die-verskil-tussen-wen-of-verloor.html
As ons na baie van die mense kyk wat hulle self opgewerk het en nou skatryk is, dan is ek seker dat meeste van hulle in 'n stadium van hulle lewe feitlik net gewerk
http://www.saweb.biz/articles/1628/gebede-wat-pla.html
Gister sien ek iemand wat soort van bid dat God vir haar werk moet gee en vanoggend kry ek die soveelste keer 'n gebed wat alle siekte, armoede, probleme en watnog
http://www.saweb.biz/articles/1629/doen-wat-jy-doen-doen-goed.html
Kan jy jouself hiermee vereenselwig? Is dit hoe jy dinge doen en meer nog, is dit hoe jy is? Nie net wat jy doen goed doen nie, maar jou hele siel en hart sit in wat jy doen?
http://www.saweb.biz/articles/1630/verdien-geld-tuis-werk-nie.html
Hoekom werk "verdien-geld-tuis" programme nie?. 'n Mens kan nie geld verdien uit enige produk, diens of geleentheid sonder iemand anders wat vir so